Jongste aktiwiteit:

Lewensboek

Lewensboek

groot wou jy word
daar was baie trane gestort
vandag betree jy die wêreld
onthou net jy is God se pêrel

bou op die fondament
die een waarteen jy rebelleer
dit is nie gegiet in sement
lewenslesse sal jy nog baie leer

vat elke dag met nuwe hoop
laat die Here saam jou loop
vrees geen mens
lewe volgens jou eie wens

vandag is die eerste hoofstuk in jou boek
moet nooit jou storie in ʼn ander s’n gaan soek
skryf jou lewens verhaal met trots
bou jou toekoms op ʼn rots

©Lia Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed