Jongste aktiwiteit:

die nuwe jy

die nuwe jy

moenie vergeet om in jou eie taal te dink nie
bid in jou moedertaal
verander die velkleur van jou hart
vleg jou woorde en gedagtes met jou kreukelhande
en onthou die Hande wat jou geskape het
klou vas aan die Woord wat lewe bring
lees dit hardop
breek die spieël van die wêreld
wat jou laat glo wie jy is
en kyk in die oë van jou Vader
waar jy sal sien wie jy is
kleur jou gedagtes met Gods-kleure in
en skep ‘n nuwe wêreld
‘n nuwe beeld
sien die nuwe jy




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed