Jongste aktiwiteit:

Hou styf vas! (Brons)

Wanneer die wind stormsterk in die Weskus waai, dan waai hy met mening. Dit waai enige iets om, en rig groot skade aan. Jy dink nog jou motor staan op die hoek, dan kry jy hom iewers op sy dak in ‘n ander straat. Opgefrommel dat jy homself nie eers kan uitken nie.

So het dit dan ook gebeur dat ek besluit het om op die strand te gaan wandel. Met my groot strandhoed, sonbril en my hond aan sy leiband. Dit was iets vreesliks, die sand waai alles toe. Mens kan skaars ‘n meter voor jou sien, my sonbril het ook in die slag gebly. Wonder nog steeds in watter land het hy uitgespoel, of het dit ma net tussen sand en see verdwyn.

Arme voëls word so rondgepluk in die lug, skoon van koers af. Bome buig, takke kraak sommiges breek af, en jy moet wild koes vir vlieënde voorwerpe in die lug.

Dit is weer Augustus maand. Maak jou gereed vir hope stof wat oral in jou huis opgaar, jy kan nie voorbly om skoon te maak nie. Hou vensters en deure styf toe, en maak al die oop gaatjies ook digtoe.

Soos die eenkeer het my wasgoed aan die lyn losgeruk, en oral deur die lug gewaai. Die buurvrou paar huise van my af het wel een oggend met ‘n baie bekende baadjie te voorskyn gekom, en in my gedagtes het ek gewonder of dit nie dalk myne was nie.

En moenie eers praat van al die veldbrande. Die brandweer werk oortyd so ook my radio op die buurtwag. Maar dit is ongelukkig alles deel van verandering van seisoen, en ons moet ons daarmee versoen.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed