Die donker skadu
Swart leemtes
jy kan hoor in hul stemme
donker verdriet
sy gee jou haar rug
Die blik staar wat sy gee
tart sy jou gedagtes meë
in haar dieptes als gesluk
verloor jy beheer
Die snit is te diep
dit bloei jou uit
Soos riviere van water
bloed van hul hande
afgewas en gemaal
nes ‘n leë bord
Wat vergete is sal vergete bly.
Als gepynig,swart
blink gesmeerde woorde.
Blind sal dit jou los
Die sny van haar tong
deurboor my hart
soos ek…
haar rok optrek…
aanbid die siel
geweld in haar naaktheid
in-mekaar ingebind
‘n ewebeeld
Verdonkerde,uitgeholde
verlate stemme.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.