Carl
Carling black label
het ons nie gedrink
brandewyn en coke
was vir ek en die bloke
lip-lees letters
hand gebaarde woorde
sink stil en weg
soos gedoofde-oor op tong
kommunikasie-gaping
oorbrug klank grense
mmmm’s,aaaaa’s,huhhhhh’s
van kleinjare vertel
”ek’s ‘n digter ou-pêl
”falke waar ek werk”
met hand op ing
spel jy…
Carl.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.