As my hart op hol raak
As die stilte om my te veel raak
en my gedagtes begin raas
voel ek hoe my hart hunker
om terug na jou te haas –
deur die krater in my binneste
waar verdriet opnuut ontvlam
wanneer trane van verlange
opslag in my opdam
As my gedagtes weer ophol raak
soos jy deur my denke waai –
dan onthou ek hoe jy wegstap
met my hart se flenterslierte
wat jy om jou pinkie draai
©Loretta Szikra
6 Julie 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.