Jongste aktiwiteit:

Die Weggooidiertjies

My Weggooidiertjies

Die Weggooi diertjies hop hier om my rond
Party is wit, ander swart en party heel bont.
Paty is sonder ogies, party sonder gehoor,
Ander se lyfies moet ons eers met tyd reg toor.

Erdman regop sit hulle en bedel,
Veral die een met die skeefgetrapte skedel.
Die hasies in ons ‘haven’ is net te fraai,
Al moet ons hulle soms so bitterlik paai.

Ogies vol vertroue, selfs die wat nie kan sien,
Goedjies wat gemors was, hulle het dit nie so verdien.
Stompies waar ‘n beentjie was,
Gestuur om veilig hier te kom oppas.

My werk hou nooit op , my huis is nooit heel skoon,
Maar tussen die langore sal ek enige tyd woon.
My roeping om hulle oral te red,
Selfs al piepie hulle dan op my bed.

Die hasies in my Haven is elkeen spesiaal,
Elkeen hier want mense het hulle gefaal.
Geen honger, dors, aanteel of seer,
‘n veilige lewe wat elkeen kan wardeer.

Baie strooi en lusern en rus,
Dié met nagmerries word slaap gesus.
Appeltjie elke aand voor slaap,
Word gulsig uit my hand geraap.

Soveel liefde diep uit my hart,
Om te probeer opmaak vir hulle smart.
Soentjies op die neusies sag,
More is hulle veilig vir nog ‘n dag.

Suidkaap Hasie “haven” (Southern Cape Bunny Haven) is my passie en hou my baie besig.
So baie mense red honde en katte… maar die hasies; God se stilste, sagste skepping, bly ly.
Honde kan nog huil… Katte kan meeau… Hasies gaan stil stil dood met soveel lyding.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed