Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: 21 dae in 2020

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 25 Maart 2020 Aantal woorde: 109 15 Kere gelees Hou van

vandag is vandag
en môre is môre

gordel jou wapenrusting aan
tel jou skild op en hou dit hoog
wees sterk en volg Sy vaandel

vandag storm daar vyf honderd
môre kom daar dalk meer as duisend
wat maak dit saak, as Hy met ons is?

die vyand kom nie met gewere
hy verskuil homself op die wind
spore lê wyd op elke handvatsel

sy impak is groot en saai diep
kies swakkes uit – maar verander
telkens sy spoor en sy naam

nou is nie die tyd onverskillig te wees
wees eerder te versigtig as te laat
jy en jou mense sal daarby baat

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 811
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 47 gaste aanlyn

Bydrae Totale