16 minute voor middernag
Hóór hoe gil die pen
sy laat nag epiloë
oor enjambemente,
rondhol albasters van onthou.
Dekorum memorandium,
krake van leë bladsye
bloei ink versagtend
vergeet van die garage pie;
hy het self gekots by die prysuitdeeling;
Nom de plume:
Jakkals van ‘n ander stert
snerpend,spandabelrig;
katvis van die see
toringwolk van idees
t’tjies,voetsek tortelduif!
Gisteraand omlyf;
olyfbome uitgepers ekstra virgin
fotoraam stories roteer
rotagtig soos ‘n rowerbende;
16 minute voor middernag jou voertuig steel.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.