Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: 1: OP DIE YSBAAN

Deur Toom
Datum gepubliseer: 3 Junie 2019 Aantal woorde: 254 80 Kere gelees 2

Die winter is n regte man, 1: OP DIE YSBAAN
[245 woorde]
In die loop van meer as veertig jare Europese winter het ek elke moontlike weer in die verskillendste omgewings beleef. Van die koudste koud wat denkbaar is, tot soele „groengeverfde somer”.

Die kinderrympie sê:
Die winter is ‘n regte man;
wat hy doen, dit is van duur.
Sy vlees voel hart soos yster aan
en smaak nog soet nog suur.

Toe ons eie kinders nog nie skoolgaan nie en ons oudste, met vier, vyf jare, op die ys wou loop, het ons nie „Schlittschuhe” (skaatse) gekoop nie, maar iemand het ons „Gleitschuhe” geskenk. Glyskoene moet ons seker sê. Dis vlak metaalplaatjies, so drie sentimeters breed wat soos rolskaatse onder die eie skoene vasgemaak word, nie die modiese halfstewels met die hoë, skerp balansyster soos ‘n skip se kiel wat die grootmense dra nie.

Af, veryste dam toe. So ongeduldig was hy, dat ek met moeite die rieme kon vasbind. En het dadelik losgetrek, asof hy op die ys gebore was. Sy pa, dis nou ekke, staan daar met voete wat nie wil standhou nie en groot ronde vreesoë wat na strooi­halmpies soek. Daai ding is glad, sê ek julle. Glad! En as jy daarin byt daar proe dit werklik nog soet nog suur!

In die Alpe word in Oktober tweemeterlange pale, met rooi reflektore bo, langs die paaie ekstra ingeplant ingeval die sneeu so hoog is dat die swartwittetjies nie meer sigbaar is nie. . . Ja, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    4 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

  2. Kiekies

    5 Junie 2019

    Eishhh dit klink gevaarlik ook!!

  3. Ano

    6 Junie 2019

    Goeiste, die kinders wat darem so vreesloos is, is te wonderlik. Maar hulle is aansienlik nader aan die ys as ons wat dubbel die lengte is! En veertig jaar – sjoe, dis nogal n lang tyd ne?

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 196
Kommentaar telling: 193

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 59 gaste aanlyn

Bydrae Totale