Ster gradering op Ink
- Die Brons gradering word toegeken aan lede wat betrokke is met plasings by projekte
- Die Silwer gradering word toegeken aan ‘n lid wat 5 x in die top 3 van die Brons klas projek aanbiedings gepresteer het.
- Die Goue gradering word toegeken aan ‘n lid wat 15 x in die top 3 van die die Silwer klas projek aanbiedings gepresteer het.
- Die Meester gradering word toegeken aan ‘n lid wat 25 x in die top 3 van die goue klas projek aanbiedings gepresteer het. Om vir ‘n Meesterklas te kwalifiseer moet die betrokke lede ook 50% buite INK prestasies behaal.
Niemand is onder enige verpligting om aan die ster gradering of projekte deel te neem nie, dit dien slegs as aansporing. Lede wat verkies kan steeds net vir die plesier en ontspanning, hul publikasies plaas.
Wenners: Desember 2020 - OOP-projek
Baie geluk aan hierdie 10 lede!
GEDIGTE:
GOUD:
1ste – (13) Caren Kearley met Heil die leser
2de – (8) Anzé Bezuidenhout met Verrindeweerde grense
3de – (9) Anzé Bezuidenhout met Stof illusies
SILWER:
1 ste – (20) Andries Fourie met Eindeloos
2de – (21) Andries Fourie met Ware liefde
3de – (4) Barbara Smit met Doring
BRONS:
1ste – (28) Annamarie vd Merwe met Wat koolslaai maak verraai
2de – (25) Taai Bonthuys met Hunkering
3de – (16) Paula Paxton met Bronsink
GORREL:
1ste – (1) Ano met Die reine waarheid
RUBRIEKE:
1ste – (1) Amanda De Meillon met Tatoos, Tawwe Tienies en Teddiebere
ARTIKELS: GEEN INSKRYWINGS
VERHALE:
1ste – (1) Driekie Grobler met Die ware boodskap agter Kersfees
2de – (2) Taai Bonthuys met Met die hand in die pampoen gevang
Inkmoderator
Januarie 2021 - Verwagting/e-projek

Beste INKers
`n Voorspoedige nuwe jaar vir een en elkeen van julle. Mag drome waar word, beursies vol wees, take afgehandel kom en mag elkeen liefde en vreugde vind en ervaar.
Aan die begin van `n nuwe jaar strek die moontlikhede groot voor ons uit. Hierdie maand is die “zoemwoord” “verwagting/e”
DIGTERS:
- Skryf `n gedig in jou gunsteling vorm.
- Die onderwerp is verwagting/e
- Die woord mag NIE as `n enkeltitel gebruik word nie.
- Geen verdere voorskrifte nie.
GORRELS:
Skryf oor gemoed aangaande verwagtinge.
ARTIKELS:
Gebruik die onderwerp en skryf `n feitgebaseerde artikel.
RUBRIEKE:
Behandel die onderwerp.
VERHALE:
Skryf `n vonkverhaal in minder as 400 woorde oor die onderwerp.
Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.
Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

















Deur vir jou ‘n GRATIS profiel te registreer sal jy onbeperkte toegang tot ons biblioteek- EN Opleidingsafdeling hê. Sien dit dus as ‘n gratis slypskool om jou met kennis toe te rus


Welkom aan ieder en elk wat deel van hierdie wenspan wil wees!
Ons is in afwagting om u te registreer sodat u so gou doenlik u eie werk kan plaas en aan die wêreld ten toon stel.
INK bied ook gereelde groot kompetisies waaraan alle geregistreerde en opbetaalde lede kan deelneem. Met maandelikse projekte en ´n aktiewe moderator wat praktiese en aansporende kommentaar op u inskrywings lewer, is daar onbeperkte groei potensiaal.
Vir meer inligting gaan lees gerus onder die staafhoof: ´Meer oor Ink´
Geen rassisme of Godslastering sal op INK geduld word nie en sulke plasings sal sumier verwyder word.
Ink groete
Die Inkspan
(NB: Met ‘n beperking van 3 plasings per lid per dag, gee ons aan almal dieselfde geleentheid tot blootstelling. Beperk uself asseblief daartoe.)

ALLE SKRYWERS, KOM VAT ‘N KANS EN WYS JOU STAAL…
In samewerking met Kreatio en Groep 7 staan Ink Skryf in Afrikaans saam in hierdie puik kompetisie!!
Klik op die skakel om meer van die kompetisie te lees asb
Kreatio Komieklike kortverhaal

Dit is met groot trots wat ons aankondig dat ons hande vat met die bekende Susan Grobler (Dignet) en Ian Raper
Lees gerus ook die inligtingstukke soos saamgestel deur Susan Grobler, Ian Raper en die INK moderator onder die opleidingsseksie













