Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Koningin van Ys

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 2 Augustus 2017 Aantal woorde: 262 601 Kere gelees 5

Yskristalle vorm op haar kaal arms. Beira glimlag ingenome. Sy maak haar mond groot oop: sneeuhael en wind vlieg uit en vries die landskap. Haar mantel wapper agter haar uit. Waar alles eens groen en lewendig was, is daar nou net ys. Dit vat net oomblikke vir die groen om bruin te word. Somer het hard probeer om herfs te verhinder; vir ‘n tyd het die plante gedink dat hulle tog nog kan groei tydens die soel dag-en-nag-ewening.

 

Maar sy gaan nie meer terugstaan nie. Winter is hare. Winter is sonder simpatie. Winter is bedoel om gevul te wees met ys.

 

Haar oog vang ‘n rooikat wat probeer loop teen die yswind wat om haar druis. Sy kyk in sy oë en sien die wonder waarmee hy haar aanskou. Beira sluk. Dit gebeur min dat sy nie gevrees word nie.

 

‘Kom saam met my,’ sê sy vir brawe kat.

 

Sy hoor hoe hy haar volg oor die gevriesde veld, deur die bos wat glinster met yskristalle, na haar kliphuis wat party dae lyk soos ‘n kasteel.

 

Beira maak die deur oop en die rooikat skiet verby haar in die warm vertrek in.

 

Tallose diere-stemme groet haar en die nuwe aankomeling.

 

‘Toe, deel die warm melk met hom,’ sê sy vir haar gaste.

 

Sy kyk hoe hulle plek maak vir die rooikat by die hekseketel waarin melk van die wortels van die Boom van Winter en Lewe drup en gaan sit voor die warm kaggelvuur, omring deur al die wilde diere wat haar nodig het.




  • TEMAS
    7 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Junie 20, 2016

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek

    2. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      Junie 20, 2016

      ‘n lekker verbeeldingsvlug, Ronel. Baie gepas vir die tema van winternostalgie 🙂

    3. profiel foto van Evelyn van der Merwe

      Evelyn van der Merwe

      Junie 20, 2016

      Kostelik gepen. En sy bly die held in die verhaal.

    4. Kiekies

      Junie 21, 2016

      Fantasie wat my my ingetrek het tot die einde en nou is daar in my verbeelding nog prentjies aan’t gebeur.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 241

    Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar.My wêreld draai om my twee Rottweiler seuns – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my blog https://ronelthemythmaker.wordpress.com/.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 43 gaste aanlyn