Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Woordspatsels: Tant Daisy

Deur Calice
Datum gepubliseer: 26 September 2017 Aantal woorde: 101 52 Kere gelees 3

Tant Daisy ruk en pluk bondels lap van voor en agter.
Met ouderdom is swaartekrag jou gewigtigste straf.
Jongmense beland maklik in die valstrik van verleiding.
Ouer garde val te maklik en dit veroorsaak die leiding.
Ou Hans is lankal been-af op haar… Sy heupvervanging
het hul wel vir ‘n wyle gekniehalter, maar vanaand gaan
sy vele geregte opdis. Haar ogies loer fyn: borde is gedek,
die platespeler draai en daar’s laventel in die blompot. Daar
is ‘n klop aan die deur en sy glimlag. Een ding bly staan,
die pad na ‘n man se hart, loop deur sy maag.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      September 28, 2017

      Ai, die onbillike sekerheid dat ‘n man se pad na sy hart deur sy maag loop is niks anders as ‘n mite nie. Dis die vrouens se heerlike kos wat uit die maag met voldoening van smaak die man se hart beroer…
      En hierteen sty ons mans nie!

    2. profiel foto van Calice

      Calice

      September 28, 2017

      My baie oulik (en met behoorlike Afrikaans) geantwoord 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Calice

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 15
    Kommentaar telling: 3

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 82 gaste aanlyn

    Bydrae Totale