Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Woordspatsels: Oom Moos

Deur Calice
Datum gepubliseer: 26 Augustus 2017 Aantal woorde: 100 11 Kere gelees 1

Oom Moos sit asvaal langs sy kombuistafel, op die enigste hout gestoelte. Hy sluk-sluk bitter aan sy koffie, wyl vervloe skadu’s nader kruip. Sy eelterige hande wriemel en hy is steeds teenstribbelrig om tussen die lyne te lees. Hy kon nooit die toekoms daarin voorspel nie en was hy in sy eie wese verstrengel tussen die hede en die kamtige toekoms. Oom Moos se kronkel lewenslyn word al hoe korter…
…en hy kan voel hoe dit weer deur sy vingers glip, net soos daardie aand wat hy die laaste geskrewe woorde (ongelees) in die vullisdrom veras het met felle verwyt.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Calice

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 11
    Kommentaar telling: 1

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 98 gaste aanlyn