Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Woordeloos

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 19 April 2017 Aantal woorde: 99 110 Kere gelees Hou van

Waar ons vanaand hier
op die klam sand sit
in woordelose verbasing
staar na die maan
wat die swart see
met goue glimmers verlig

Luister ons in stilte
hoe die wind haar naglied
oor en oor sing
wyl ons toekyk hoe die see
kieskeurig uitspoeg
en weer vat wat sy wil.

Soos branders ritmies
heen en weer
teen die strand kom klop
en golwe onstuimig
teen die rotse vas skop

voel ek hoe die sterre
deur my verhemelte loer
as ek sien hoe die maan
skakerings van kobalt, goud en silwer
geniepsig met haar tone
die donker dieptes inroer…




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 19, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

    2. profiel foto van Barbara

      Barbara

      April 19, 2017

      Bitter mooi!

    3. profiel foto van Palet

      Palet

      April 20, 2017

      Baie mooi

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 38
    Kommentaar telling: 45

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 81 gaste aanlyn