Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wol

Deur Ernst
Datum gepubliseer: 13 Julie 2017 Aantal woorde: 36 21 Kere gelees 2

Wol

Soek my nie in vlees en bloed nie,
maar in blou spatsels,
bruin kwashale en
emmers wit.

Want kyk:
my asem roei op die wind –
die oggend is toegepak in wol.

© Ernst Fernando dos Santos




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Julie 21, 2017

      Ernst, dit lê natuurlik nie in elke digter se vermoë om ‘n duidelike vers in ‘n paar lyne te pen nie. Ek beny altyd so ‘n talent om baie te sê in min woorde. Jou vers is werklik goeie poësie en vertel ‘n verreikende storie in ‘n beperkte spasie. Ek het geen voorstelle vir verandering nie want dit is werklik onnodig. Welgedaan.

      Skryfgroete
      IM

    2. profiel foto van Ernst

      Ernst

      Julie 21, 2017

      Baie dankie IM, waardeer dit. Jou woorde gee my vlerke 🙂 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ernst

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 19
    Kommentaar telling: 30

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 35 gaste aanlyn