Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Woestynpad –

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 31 Julie 2017 Aantal woorde: 81 64 Kere gelees 3

WOESTYNPAD

swerf maar swerwer
deur dor gedagtes
honger, verslete
‘n slaaf vergete
gejaag deur sonde
gejag deur begeerte
jou vryheid maar net
‘n onseker gordyn
‘n skeidsmuur –
jy teenoor sonde
‘n klaagmuur –
jy reg voor God
‘n skandmuur –
gebrokkel gebreek
hoog vlammende hoop
soos Moses se bos
byna te bitter
gewete se water
maar soet die manna
sonder moeite vergader
en spierwit die wolk
van beloftes wat roep
gelouter deur vuur
wat na heilig wees soek

© Barbara Smit – 25/07/2017




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 25, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek 

      *Onthou ons mag nie die projek inskrywings ook aan krit koppel nie asb

    2. profiel foto van Barbara

      Barbara

      Julie 25, 2017

      Nie geweet nie. Jammer.

    3. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      Julie 31, 2017

      Baie goed, Barbara 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 88
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 78 gaste aanlyn