Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: – Winter

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 2 Junie 2017 Aantal woorde: 64 94 Kere gelees 1

Winter

Vanoggend vreeslik vroeg
toe bring jy mos
‘n swetterjoel van kwetterbekke
en ook die parmatige haan
om met sy lang relaas
my uit die kooi te sweep
wou nog net so rukkie langer knuffel
en ‘n lekker lyf teen myne koester
maar vreeslik aspris
kom jy met jou horlosie
skop my vierkantig uit die huis
en sleep my dikbek werk toe.

© Barbara Smit – 29/5/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Junie 2, 2017

      Barbara, ek sou die woord ‘skoen’ geheel weglaat. Die beeld dat die horlosie jou kan skop is metafories briljant.
      Verder vind ek geen verdere krit nodig hierop nie. Die beelde, wat sintuiglik is, werk baie mooi in jou gedig.
      Dankie vir jou bydraes op INK.

      Skryfgroete
      IM

    2. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 2, 2017

      Netjies verwoord 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 88
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 69 gaste aanlyn