Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Winterbreker (Lente projek September 2017)

Deur Koekekranka
Datum gepubliseer: 18 Oktober 2017 Aantal woorde: 127 38 Kere gelees 2

Ek is die opbreek van die koue
ná die stille wintergroei,
wat met wonderverf die groue
weer opnuut tot kleur laat bloei.

Ek trippel in my lente-skoentjies
agter verfkwas-feetjies aan;
verby die geur van rooi kalkoentjies
in die skemer van die maan.

En saggies trappend op die grassies
sny kaboutertjies my spoor
na die vaal vergeet-my-nietjies
om weer kleur in hul te toor.

Die aandwind is my tower-perdjie
wat óór die see kan spring
en die reënboog is sy stertjie
te keurvol kleurgestring!

Ek verf die struike, blomme, bome
in kleure alte mooi;
om ook te lewe in julle drome
én die bytjies uit te nooi!

Ja, ek besweer die bitterkoue,
ná die kille Wintergroei;
verdryf met wonderverf die groue
om opnuut tot kleur te bloei.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      September 29, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September – Lente projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Koekekranka

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 87
    Kommentaar telling: 429

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 21 gaste aanlyn