Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: WhatsApp (last seen 25 Dec 2014)

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 8 Junie 2016 Aantal woorde: 86 503 Kere gelees 5

. . . en
skryf jy nog lang gedigte
oor die liefde en ons land
ry jy nog die wêreld vol
tot innie Kaap
was jy toe ooit by Bloubergstrand

ek bly nog in my houthuis
drink steeds soetwyn saam met brood
en onthou jy nog die wit hond
hy lê nou weer
met sy lyf hier op my skoot

ek’t Sondag verby Simonsberg
en toe deur Pniel gereis
Franschhoek was ‘n skilderdoek

ek sou dít
so bitter graag vir jou wou wys . . .

© C. Shaw
9 Februarie 2016




  • TEMAS
    5 Kommentaar
    1. neels

      Junie 9, 2016

      in my verbeelding sien ek dit Carma so mooi beskryf jy dit

    2. profiel foto van Carin Marais

      Carin Marais

      Junie 9, 2016

      Absoluut pragtig!

    3. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      Junie 9, 2016

      Baie dankie, Neels en Carin. Ek waardeer die saamlees en kommentaar 🙂

    4. profiel foto van Louie

      Louie

      Junie 11, 2016

      Sjoe.. hierdie woorde laat gedagtes wakker word wat ek lank lank terug toegesluit het.

    5. Kiekies

      Junie 14, 2016

      Hierdie gedig laat ‘n tinteling in my diepste hart en my diepste gedagtes! Dis pragtig!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 192
    Kommentaar telling: 707

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 265 gaste aanlyn