Jongste aktiwiteit:

WENNERS – SA Vryskut kompetisie

Die oomblik waarvoor almal gewag het. E-pos soos ontvang van SA-Vryskutskrywer:

Sjoe! Dit was nou regtig nie ‘n maklike taak om ‘n wenner te kies nie. Veral met die gedigte is bykans álmal wenners!

Na vele wik en week het ek dus uiteindelik besluit op

Sandra du Toit se kortverhaal – OM TE VERGEWE

en

Amanda van der Merwe se gedig – DIE KIND

Julle sal binnekort julle studiemateriaal per e-pos ontvang.

SA Vryskutskrywer

Baie geluk aan hierdie 2 INK lede wat gewen het! Vir die ander INK lede het ek die goeie nuus dat ons weer oor 2 maande ‘n kompetisie in samewerking met SA Vryskutskrywer gaan loots.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed