Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Welwillendheid in die tyd van blinde selfbejammering

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 3 Julie 2017 Aantal woorde: 239 15 Kere gelees 1

My wêreld ontbloot homself
In dof valerige seweverdieping
Apartment komplekse vol
Dof valerige siele wat daagliks
Uit die bed uit fok om tussendeur
Die taxis en rubbish collectors
En potholes te vleg totdat hul by hul
Dof valerige place of employment
Kom vol verbleikte posters geplak
Wat belowe om jou lost lover te
Vind en jou piel te vergroot en
Vir jou ‘n aborsie te organise
Sou dit dan nodig wees
Na al die.
My stad ontmasker homself in
Ongewenste vensterwassers wat
Met dof valerige kakbruin water
Die voorruite van overpriced SUVs
Besmet
Hierdie fokken kar is meer werd as alles wat jy besit, jou doos!
As jy maar geweet het
As jy maar kon suffer soos die deursnit
Dof valerige fokker suffer in sy
Post-millenial fokken sinkhut
Sonder plumbing en
Kos maar nee jy worry oor jou windshield en jou trots
My mense onterf hulself agter
Diefwering en alarmsisteme want daarsonder word ons ouers vermoor en ons kinders verkrag.
My fokken land.
My helde ry in nissan veertienhonderd bakkies oor die sinplaat stofpaaie van die middel van fokken nerens
Hulle tokkel kitare en sing oor die liefde en die dood
Hulle skraap inkomstes bymekaar in donker kroeë langs grys snelwee waarlangs gebreekte mense wandel
Ek ontnugter myself in dof valerige woorde terwyl ek goedkoop wyn in my keel af bliksem
Ek smag na net een fokken menthol sigaret
Asem diep, o jong Suid Afrika…
Asem fokken diep.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 5, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 36 gaste aanlyn