Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wedergeboorte

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 13 Junie 2017 Aantal woorde: 96 61 Kere gelees 1

Wedergeboorte

stokblind dra die mens alleen sy straf
sleep sy swaar gewete saam
‘n lykstoet na ‘n donker graf
smag om los te kom van blaam

maar dan laat God die lig deur breek
en vlerk chromaties ‘n prisma oop
terwyl die Gees van Waarheid spreek
word blindigheid van krag gesloop

die mens sien hy is in Josefskleed
rondom hom ‘n kleuregloed van seën
laat hom van die donkerte vergeet
laat hom ander met vergiffenis bejeën

genade soos sonstrale sif om hom neer
en vind die mens sy vreugde in die Heer

© Barbara Smit – 13/6/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 110 gaste aanlyn