Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wat kan ek doen?

Deur Amaspoke
Datum gepubliseer: 5 April 2017 Aantal woorde: 130 107 Kere gelees 3

In ‘n droom kom jy in die nag na my,
om net so vinnig weer te verdwyn;
en bedags as ek jou sien verbystap,
dan, ja dan, begewe my moed my.

Wanneer jou prag stem my ore streel
verdwaal ek in my eie gedagtegang;
daar word my droom ‘n werklikheid
en verander werklikheid in ‘n droom.

Van seerkry en swaarkry is genoeg,
maar die gedagte aan jou bly klou;
ek weet nie wat om te sê en te doen,
om te deel in jou gelag en blydskap.

Wat kan ek sê dat jy na my sal luister?
wat kan ek doen dat jy aandag sal gee?
sal dit help as ek op die brug gaan staan
en skree vir die wêreld dat ek jou lief het?

05/04/2017 © C. du Plessis




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Amaspoke

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 129

    Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 108 gaste aanlyn