Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wat ek vir jou wil sê

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 23 Mei 2017 Aantal woorde: 34 79 Kere gelees 2

Wat ek vir jou wil sê

Druppels van my siel
verklank
verwoord
brokkies oor my lippe
verrym
verryk
spatsels van my hart
verhelder
versier
fluisterend my liefde
vir jou
net vir jou.

© Barbara Smit – 20/5/2017




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Mei 23, 2017

      Barbara,
      Die is sensueel en mooi.
      Twee dingetjies:
      1. Die gebruik van hoofletters in ‘n gedig behoort altyd voorafgegaan te word met een of ander leesteken. Indien jy dit enjambies wil aanbied, laat gerus die hoofletters uit.
      2. Die ellips aan die einde van jou vers laat die gedig oop vir interpretasie en miskien in hierdie geval is die skrywer duidelik oor die uitkoms. Sluit gerus jou vers met ‘n punt.

      Dit is waarlik ‘n innoverende vers wat mooi en ritmies lees.

      Skryfgroete
      IM

    2. profiel foto van Barbara

      Barbara

      Mei 23, 2017

      Baie dankie IM. Sal dit so verander 🙂

    3. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Mei 23, 2017

      Barbara,
      Ek dink die aanpassings laat jou vers mooi vertoon.
      Weereens, ‘n treffende vers.
      Dankie vir jou deelname op INK.

      Skryfgroete
      IM

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 88 gaste aanlyn