Jongste aktiwiteit:

VREEMDE GEBEURE

SOMMER SO LEKKER RIL STORIE.
Jaloerse Besoeker
Gedurende Oktober 2006 het ouma en haar suster by ons kom kuier. Hulle het in ʼn ouetehuis
op ‘n kleindorpie gebly. Ouma se broer het op in die verre Noord Transvaal gebly en ons kon maar weet as ouma kom kuier gaan hy ook weldra opdaag vir ʼn kuiertjie. Hul Noordkaapse sêgoed en aksent laat ons krul van die lag.
As die drie oues eers bymekaar kom dan maak ons almal reg vir ʼn laat kuier wat ons almal baie geniet. So kuier ons om verouderde KWV en na die tweede bottel besluit oom Danie hy moet nou huis se kant toe staan, anders kry hy vanaand huismoles.
Ouma wil nog net een glasie drink wat oom Danie laat besluit hy bel sy vrou en bly liewers oor vir die nag. (Gee vir oom DANIE ʼn duidelike rede om te oornag).Hy voeg daad by die woord en bel sy vrou en vertel haar ʼn wolhaarstorie oor ʼn vergadering wat te lank aangehou het. Hy gaan kamma by sy dogter oorslaap. Oom Danie het sy dogter omgepraat om sy storie te beaam by haar ma.
Ons kom eers die oggend om en by een uur in die bed. My seun moes in die tv kamer slaap aangesien hy sy bed aan oom Danie moes afstaan.
Ek word wakker van ʼn harde geklop aan die voordeur. Die kinders is die naaste so hulle sal die deur oopmaak en ek bly lê.Ek hoor my dogter vaak-vaak opstaan om die deur te gaan oopmaak. Met die wat ek haar hoor omdraai terug kamer toe, neem ek aan my seun het die deur gaan oopmaak.Die harde klop is weer daar en weer hoor ek my dogter opstaan om te gaan oopmaak. Maar weer hoor ek haar net tot in die gang beweeg en dan weer terug gaan kamer toe. Daar is nou stilte in die huis.
Die volgende oomblik hoor ek oom Danie praat.
“Sy’s nie hier nie,” sê hy.
Ek wonder wie ons nagtelike besoeker is en besluit om te gaan uitvind. In die tv kamer sien ek dat my seun nog rustig lê en slaap. My dogter sal seker weet dus gaan ek na haar kamer om te vra.
“Ma, wie klop so laat aan die deur?” Ek is verbaas toe sy my dit vra..
“Het jy dan nie die deur gaan oopmaak nie?” vra ek.
“Nee, al twee keer het boeta die deur oopgemaak. Ek het hom gesien by die deur.”
Ek hoor weer oom Danie se stem.
“Eina demmit. Ek het mos gesê sy is nie hier nie!”
Die volgende oomblik klink dit of iemand ʼn ruit breek en ons almal storm gelyktydig na waar die klank vandaan kom.
Ons loop almal in mekaar vas, inkluis oom Danie – nou is daar ʼn
‘n deur mekaar storie soos ons gil van die skrik. Oom Danie vryf aanhoudend oor sy bles. (Bo-op sy kop )
“Talita wat soek jou seuns vriend so laat in die nag vir jou?” Vra oom Danie haar.
Talita kyk hom aan of hy van Mars afkom.
“Oom Danie is oom mooi wakker? Vra Talita hom.
“Ja man, ek is nie gesuip nie. Hy gooi my dan met sy tekkies. En hy het die ruit gebreek,” sê oom Danie
“Het oom hom gehoor vra na my Talita ? met vraende oë.
“Ja ek sê mos vir jou wat soek hy so laat hier
Aangesien almal nou wakker is en bespiegel oor wie of wat ons nag so versteur het,
wil ons ook nou die tekkies sien en sien wat se skade is aan die ruit gedoen. Geen tekkies of gebreekte ruit is waargeneem nie. Oom Danie se verbasing op sy gesig was iets om te sien.
“Ek sê julle ek praat die waarheid.
Ek besluit om te gaan koffie maak. In die kombuis kry ek die dat water in die ketel klaar besig is om te kook. Ek maak net daar ʼn u-draai en val my oorhoeks teen ʼn kas.Bewend soos ʼn riet ,gaan vra ek Talita om te kom help koffie maak. Sy was nog meer bang en bewe meer as ek as terwyl sy die bekers uit sit.
Tot vandag bly dit iets vreemds,
~JAC~
2017-07-07
kopie reg voorbehou.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed