Jongste aktiwiteit:

Vreedsaam

As die son in oggend-ritueel
fyn repe deur die nag
se towerkleed kom skeur,
gryp ek na die waarheid
en haar stilte
en die vrede wat sy gee.

Ek sluit my oë
en wens hardop
dat die geraas in my sal gaan
Vir lank genoeg
het dit nes geskrop
en my stilte stom geslaan.

Waar vrede eens geanker was
krioel n duisend vrae nou
Soos maaiers aan n kadawer
vreet dit gate deur die waarheid
waaraan ek vashou..

Soos ek aandagtig luister
na die oggendbries se raad
paai sy strelend ‘wyl sy fluister
om die vrae vry te laat.

Soos sy die kwaad in my verhinder
por sy vrede aan
Die lawaai binne word stiller,
soos dit huiwerig al verder
ń nuwe koers inslaan.

Met helder oë sug ek verlig –
voel hóé ek vrede kry
Met nuwe krag vat ek terug
die stilte en haar waarheid
wat vreedsaam in my bly.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed