Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: voodoo-p0p

Deur Calice
Datum gepubliseer: 13 September 2017 Aantal woorde: 113 12 Kere gelees 1

Ek dra my hart op my mou.
Jy knip dit uit.
Jy vat dit vir jou.
Jy sit dit in jou skoen
en trap daarop….
My mou ‘n gapende gat-
hul stik dit weer toe en
borduur ‘n skewe glimlag op my gesig,
maar die gare raak op.
Jy speld jou woorde deur my kop
en laat my lied in my drome stol.
Jy besit my nie meer nie.
My slappe lyf dans ritmies
op die maat van towerspreuke…
doem-doem-doem
vanaand gaan die poppe dans,
want nou hardloop ek met die koue skêr in my hand.
Binne en buite verstringel.
Ek bloot ‘n gelapte voodoo-pop wat
(on)wetend onheil oor
jou uitspel.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Calice

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 11
    Kommentaar telling: 1

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 117 gaste aanlyn