Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vlinderliefde

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 19 Maart 2017 Aantal woorde: 61 83 Kere gelees Hou van

brose vlinder
kunstig geweef in die geheim
toegevou in ‘n kokon
het ontluik toe jou lippe myne raak
‘n sagte roering van ‘n oeroue gevoel
van lewe het deur my gespoel
‘n vlinder het ontwaak
tot volle wasdom gekom
toe jy my joune maak
vir een ekstatiese oomblik
lig-verblind
gereed om my vlerke te sprei
vlinderliefde net ek en jy
vlindervry




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Palet

      Palet

      Maart 20, 2017

      Baie mooi

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 37 gaste aanlyn

    Bydrae Totale