Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vir ‘n oomblik van kalmte

Deur Palet
Datum gepubliseer: 30 Mei 2017 Aantal woorde: 73 105 Kere gelees 2

Ruik die gedempte lug
tonnels lig lok my
na ‘n plek weg
van die leegheid van alles

Ek grawe ‘n tonnel
deur die sandbank
van my gedagtes diep-diep
tot in sagte los sand

Weg van die wêreld se lig
terug na jouself
wat al die mooi
in jou kop versmoor

Om net vir ‘n oomblik
Weer in die son te staan
Net vir ‘n oomblik te kan terugstaan
Voor hy weer ondergaan




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 218
    Kommentaar telling: 299

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 40 gaste aanlyn

    Bydrae Totale