Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vir een wat kon hoor

Deur Charlie Graham
Datum gepubliseer: 18 April 2017 Aantal woorde: 87 118 Kere gelees 3

iewers waar seer leeg in gange en sale
van my siel weerklink
– soms rammelend kletterend
galm,
bly ‘n klein spelonk vol
liefde vir jou
oor ‘n klein eggo
in ‘n oomblik se talm
soos ‘n druppeltjie
drup
se verstaan
van ‘n ongerepte wondergrot
se diepste swart poel,
waar suiwer water opskrik
voor die lig van die maan

Foto: Perdidos e Achados on Instagram_ “Waitomo Glowworm Caves é uma caverna em Waitomo na Ilha Norte da Nova Zelândia, conhecida por sua população de vaga-lumes (glowworm)…”_files.




  • TEMAS
    6 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 19, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek 

      • Charlie Graham

        April 19, 2017

        Baie dankie, Anze! Ek was lanklaas op die webwerf en is regtig beindruk! Dit lyk aantreklik en professioneel. Kan sien jy werk hard! Ek hoop ek sal nou meer gereeld iets kan plaas, al is dit uit die argief. Wil myself aan die gang kry, alles nou onder hierdie skuilnaam. Groete en nogmaals geluk. xx C

    2. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      April 19, 2017

      Dit is n pragtige gedig Charleine. Wat sou die liefde tog wees as daar nie hoop was nie?? Bly om te sien jy is terug!

    3. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      April 26, 2017

      Vir my is hierdie werkie aangrypend, dieppeinsend en kundigpragtig geskulp in woorde-prag wat maar net ons taal kan tower. Wel gedaan!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Charlie Graham

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 1
    Kommentaar telling: 6

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 29 gaste aanlyn