Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: VIER DAE.

Deur Kobie
Datum gepubliseer: 9 Junie 2017 Aantal woorde: 802 52 Kere gelees 2

VIER DAE.
‘n ware verhaal.
Na soveel jare van pyn en leiding, van een dialize masjien na die ander het sy gegaan.
Patrica, was ‘n merkwaardige vrou.. Sy was net een van daai mense wat jou hart aangegryp het, sy het almal om haar bemoedig en vertroos
. Met dit alles ,as sy tuis was nog huis gehou soms totaal alleen.. Patrica se niere was ernstig beseer in ‘n motor ongeluk. waarin sy en haar haar man , klein dogtertjie 9mnde,
en seuntjie van tien jaar betrokke was.
Haar man het met ‘n skuldgevoel geloop want hy so wel as die persoon wat die ongeluk veroorsaak het , was skuldig bevind, aan “Strafbare manslag”,so het die klagte gelei.
Beide se vonnis was opgeskort vir lewens lank,met die voorwaarde hulle mag nie weer skuldig bevind word aan ‘n soortgelyke oortreding nie dan sal die vonnis in aanmerking geneem word.

Patrica se man het by die robot gestop , toe die lig van die robot oranje slaan het hy voorentoe beweeg, die ander persoon het oor die robot gejaag en hulle getref met ‘n spoed
van wit blits., Hy is deur sy vriende vinning van die toneel verwyder.en het skynbaar niks oorgekom nie,behalwe hier en daar ‘n skraap opgedoen.,
omstaanders het egter sy motor se besonderhede geneem en sodoende is hy opgespoor.
Die vermoede bestaan dat hy sterk onder die invloed van drank was , maar dit kon nie wederegtelik bewys word nie.
Patrica en haar famlie is per ambulans na die naaste staats hospitaal se ongevalle geneem.waar haar seuntjie gesterf het.
Sy ,haar man en dogtertjie was ernstig beseer..
Maklik was haar lewe buiten die siekte ook nie, Sy het baie verduur fisies so wel as emosioneel. . Emosionele afbreking, is seker die slegste ding wat enige iemand ooit kan ervaar.
Dit is erger as fisiese aanranding..Maar sy het haar staan gestaan en haar siekte toestand oor gegee aan haar Skepper.
Gereeld haar dialise gekry, en net aangegaan selfs tot kar bestuur as sy kon.Nie eers ‘n nier oorpanting het dit vir haar makliker gemaak nie.
Later kon sy haar self dialiseer met sakkkies wat soos ‘n kateter gelyk het..Toe begin haar hart lol, en sy moes ‘n hart omledings operasie kry .
.Komplikasies het ingetree en na ses maande het hulle weer die borskas oop gemaak wat vol infeksie was,
Nogtans het sy bly lewe en haar dialise het aangegaan so het dit vir bykans 25jaar gegaan.Sy het deurgans almal om haar bemoedig veral ander nier pasiente .
Haar man kon hom self nie help nie hy het kort kort in woede buie uitgebars,Nie hy of sy vrou kon die afsterwe van hul seuntjie verwerk nie.

Geen Psigater of sielkundige kon tot Patricia se man deur dring nie. Sy siel het slegs rus gevind langs die viswaters,so by hom self het hy soms naweek na naweek daar deur gebring.
Toe breek die tyd aan dat niks meer vir haar gedoen kon word nie,Geen dialiase niks het meer gehelp nie. Patricia het geweet dit is nou die laaste,
Oor en oor luister sy elke na dag ‘n lied van ‘n bekende sangeres “4 dae te laat.”Patrica se man en haar dogter het dag vir dag by haar bed gesit.
Haar lyding , haar dors na water, waar teenoor hy magteloos gestaan het,en net ‘n ysblokkie oor haar lippe kon vee.,aanskou.
Hy het ook derhalwe kans gekry om vergifnis by haar afte smeek, vir sy behandeling teenoor haar.

Die dokters het hulle bes probeer, maar sy het swakker en swakker geword. Met besoek van haar man se suster op ‘n laat Donderdag middag, het sy gevra of sy ‘n gebed vir haar kan doen,en om so bietjie met haar alleen te gesels,
Patrica se skoonsuster haal ‘n stukkie aan uit die bybel wat gehandel het oor Lazarus,en vir haar gese “Die Vader is nooit te laat nie.”
Patricia het haar sag geantwoord en gese”ek weet moenie verder vir my vertel nie”Sy het gese daar is niks wat haar terug hou nie.Die Vader nie wil haar nie kom haal nie.
Haar man se suster het’n gebed gedoen,en is baie hartseer huis toe..

Die Maandagoggend na haar besoek die donderdag aan Patrica ontvang haar man se suster ‘n e-pos met ‘n pragtige boodskap wat gelui het
”Moenie jy vandag die Here se hand probeer vashou nie Hy sal dit doen.”Instinktief het sy geweet sy moet die boodskap by haar broer uitkry.
Nadat die hospitaal toestemming gegee het dat sy die boodskap kan e-pos na die Intensiewe eenheid toe, en nog voor die boodskap die hospital bereik het,
sterf Patricia in haar man se arms, presies vier dae na haar skoonsuster se besoek aan haar.

‘N WARE VERHAAL VERTEL
NAME VERANDER.

~jac~
2017-04-03




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Junie 12, 2017

      n Hartroerende verhaal

      • profiel foto van Kobie

        Kobie

        Junie 12, 2017

        Dankie dat jy die vertelling gelees het Neels, ja inderdaad is dit, en baie hartseer., maar waar. groetnis Kobie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Kobie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 33
    Kommentaar telling: 12

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 42 gaste aanlyn

    Bydrae Totale