Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Vibrasies van stiltes

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 29 Augustus 2017 Aantal woorde: 92 30 Kere gelees 1

Tolbossies talm om my tong
terwyl klankbane kolkend
om my vibreer
(in stiltes se stank)
ademloos smag my wankende woorde
na
klank
smekend kruip gedagtes
orals binne my rond.

Hier buite my hart is alles aan die brand
(smeulend-smorend tot die heel laaste uur)
tussen my yl-vlammende vuur
en elke dag se bitterbessie dagbreek
waak ek voor die walms van stiltes
in my
om my
deur my
want wat ek hoor wanneer ek dieper
staar, tas en dink
laat my eerder stom as doof.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
*Wankende – Wakend en Wagtend




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Augustus 30, 2017

      Wow Caren!! Goeie werk – hierdie is baie sterk geskryf. Ek hou baie hiervan.

      • profiel foto van Caren Kearley

        Caren Kearley

        September 1, 2017

        Dankie Loretta. Ek waardeer dit opreg dat jy by my woorde stilstaan.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Caren Kearley

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 77
    Kommentaar telling: 5

    Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my man en twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders het ek altyd gesê dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 35 gaste aanlyn

    Bydrae Totale