Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verwese

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 31 Mei 2017 Aantal woorde: 86 68 Kere gelees 2

Verwese

Eens veilig ons vesting
nou ververf met
vervreemding
die deur is geslote
verslot en vergrendel
jou hart sê draai om
hier is niks meer vir jou
soos ‘n klip in my siel
verkofferde berou
en ek treur en ek huil
verwese versmart
oor die kloof
so onbrugbaar
en die grens so verwyd
en ek wag verniet
vir jou om vir my
met vergifnis te groet
maar verstom en verdoof
sê die muur van jou oë
dit is tyd
vir my om te gaan.

© Barbara Smit – 31/5/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Mei 31, 2017

      The story of my life……mooi geskryf

    2. profiel foto van Barbara

      Barbara

      Junie 1, 2017

      dankie 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 63 gaste aanlyn