Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vervliet se swymel

Deur Koekekranka
Datum gepubliseer: 19 Junie 2017 Aantal woorde: 84 63 Kere gelees 4

Bisare prentjies in asuur
van spatsels stilte teen die muur
net my asem roer haar haredos
wat slierte oor haar borste tros
waar leliewit dié appeldrag
se spitse ryp vir aanvoel smag

Ek loom verlei deur voordagdou
wat ek aan sonskyn toevertou
om net ons saamsyn te behou
vir hitte teen die oudword-kou’

Maar sinlikheid tóé ongekend
maar tog in Eros oorbekend
word etse teen my hart se muur
as éénwordspatsels teen asuur

(Ek’t
voordag
willoos
opgestaan
my skaduwee by haar laat staan)




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 19, 2017

      Koekekranka …. baie mooi, so reg in my kraal

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Koekekranka

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 84
    Kommentaar telling: 411

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 22 gaste aanlyn