Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Versugting

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 17 September 2017 Aantal woorde: 49 45 Kere gelees 4

Maak my hart soos malvapoeding,
weer so sag en net so soet.

Maak my sterk soos donker koffie,
oorloopvol van vrouemoed.

Maak my kleurig,
maak my fleurig –
geurig soos die blomme van die veld.

Vul my weer met omgeeliefde –
genoeg
om selfs ‘n klip te smelt.

© Carma Shaw
17 September 2017




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Bianca van Niekerk

      Bianca van Niekerk

      September 18, 2017

      Sjoe, dis treffend en laat my sommer goed voel!

    2. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      September 27, 2017

      Kon mens maar net ‘n vir ‘n wyle mens se dors les by die fonteine waaruit jy jou digskatte put!
      Welgedaan!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 204
    Kommentaar telling: 716

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 59 gaste aanlyn

    Bydrae Totale