Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verstrengelde afhanklikheid

Deur Okatopi
Datum gepubliseer: 4 September 2017 Aantal woorde: 87 31 Kere gelees 3

Vannag vind ek myself weer in jou arms
Geborge in jou veilige hawe van vrede en rus
Soos dit nog altyd moes wees
Wanneer ek net weereens, nederig besef
Ek is nie altyd sterk en onaantasbaar
Soos die lewe dit wil hê
En het jou altyd nodig
Om my volledig mens te maak
My aan te vul en
Te drink uit jou fontein van liefde
Want soms
Net soms
Moet selfs ook ek erken
Ek het jou baie nodiger
As jy vir my

© F Jansen van Vuuren




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Viooltjie

      September 4, 2017

      En so het ons maar almal iemand nodig. Baie goed geskryf 🙂

    2. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      September 5, 2017

      Werklik ware woorde Fanie – mooi gepen.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Okatopi

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 82

    Doodgewone ou wat soms skryf net omdat die lus my beetpak en iets moet uit 🙂 Verward, verweer en soms verlore.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 41 gaste aanlyn

    Bydrae Totale