Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verstedelik en heterotopies

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 28 Junie 2017 Aantal woorde: 97 19 Kere gelees 1

In die neurotiese kalklig van die nanag
Staan ons en fluister
Diep geheime
Oor dit en dat en
Die meganiese heen en weer
Van ons kantoorstoellewens
Die stad dreun verby ons
Die bloedstollende hartklop
In herbeteerde are
Die klankbaan van ons voortbestaan
Ons is die koorsang
Van hierdie volksmoord
En ons vier dit agter tralies
Heen en weer
Meganies in gewoonte
Digitaal van hart
Hierdie is ons daaglikse gejaag
Na loeiende wind
In ons arms die lugleemtes
Gordel julself in
Die soeke na ongure weer
Het sy tol geeïs
Op ons
Bloedbelope oë
Sien is glo




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Junie 28, 2017

      Baie stof tot nadenke. – Goed gepen.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 30
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 20 gaste aanlyn