Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: OOR BYBELVERTALINGS

Deur Toom
Datum gepubliseer: 4 Julie 2017 Aantal woorde: 1236 55 Kere gelees 2

Bybelvertalings

— In die lopende gesprek oor bybelvertalings kom by tye die begrip interpretasie voor.
— In ‘n radiosending het iemand gemeen dat dieselfde retoriek van 1933 en 1983 weer aan die oppervlakte dryf: — „Ek is ‘n besondere bybeltaal of -styl gewoond (Moses het mos Nederlands gepraat, hoekom nou Afrikaans?).” Of – „Hulle skryf nou ander dinge, nuwe dinge wat nie vroeër daarin was nie.”
— „Nie-lesers” wat hulle dog as gelowig beken, gaan sover en praat van verdraaiing van die bybelse feite: Waarmoontlik om aan nuwe sosiaal-politiese toestande aan te pas?
— Andere betwyfel die bronne (Alle engelse vertalings berus glo op
één foutiewe griekse teks, wat iemand lank gelede gesamel het en wat nog altyd gebruik word).
— Daar is vandag mense wat meen dat elkeen sy eie priester is, of sou moet wees. In Europa (en waarskynlik anders ook) ruil sulke mense ervarings uit – van die kerk(e) onafhanklik, slegs van hul eie geloof aangedryf.

Wat is ‘n mens se grond-behoefte in hierdie opsig? Een opsomming is: Om die verbinding her te stel met die bonatuurlike, die geestige oerkrag, wat die heelal – en ons self – bestuur of beheers: Met die Skepper, die Heiland – wat ons eerbiedig met ‘n hoofletter skryf – met Hom wat ons God noem.
Uit oertye al is daar ‘n wete – nie ‘n „geloof” nie – dat daar iets groter as ons, iets verhewe, drywend of veroorsakend ìs – nie „moet wees” nie, maar
ís! Van aanvang aan was ‘n soeke na ‘n oerprinsiep. So het die begrip God of Godheid ontstaan. Daaruit het godhede ontwikkel; enkele gode om afsonderlike eienskappe van die bonatuurlike te kenteken in ‘n poging om hierdie eienskappe te deurgrond en te benoem. Daar praat ons modernes van afgode.
Ons stel ons voor dat sommige mense met die begrippe beter te reg gekom het as andere, dat hulle die ander lede van die familie, stam en later die volk vooraangegaan het, dat hulle navorsende leiers in geestelike sake geword het: Aldus
Priesters of Sjamane. Verder kan ons ons voorstel, dat hierdie geestelike gemeenskapsleiers vereer is en dat ‘n struktuur opgebou is: ‘n piramiedvormige hiërargie van onder („julle“) na bo („God“) en in die middel, die priester („ek“). Soos die mens maar is, was menige middelaars miskien dog onwissend of dalk korrup. Daarteenoor was andere wel eerlike soekers met intensiewe geloof.
Veranderinge het gekom, ou stelsels is verwerp en nuwes aangeneem. Totdat die uitverkorene volk eindelik tot die
Een God teruggekeer het (en wat vir ‘n moeisame pad wás dit vir hulle!), totdat die uitverkorenes ‘n Messias voortgebring het, wat, opbouend op die wysheid van die voorafgaande duisende van jare (want almal het aanvanklik uitgegaan met ‘n eerlike wens en wil, om die regte verbinding te soek) as ‘n gesant uit die wêreld van die gees gekom het, om vir ons almal die verlorene verbinding her te stel. Vandag nog sit ons as enkelinge met die probleem dat ons die reg en die vermoeë het om self te kies of ons daardie oplossing gaan aanvaar of nie.

Die Christenheid het nie met die geboorte van Jesus, Hebreërdom nie met Moses of ‘n ander profeet aangevang nie, maar dit het uit die allereerste bestrewinge van die oer-oermense om ‘n verbinding met die geestige wêreld op te bou, voortontwikkel.
Die mense uit daardie oertye het ‘n besonders goeie verbinding bewerk, soos ons in die bybelse weergawe van die skepping sien, wat origens vergelykbaar is met die skeppingsgeskiedenis van verskillende, wydverspreide volke. Lees byvoorbeeld die senseerde kapitel van Credo Mutwa se
Indaba my Children of die Indiane se mites van sowel Noord- as Suid-Amerika om die ooreenkomste na te proef. Dis natuurlik in die taal weergegee wat hulle destydse bewussyn aangespreek het.

Nou is ons in die teenwoordigheid aangekom, waar ons taal en bewussyn radikaal van die van sulke „oermense” afwyk. Hulle het byvoorbeeld die woord swaartekrag of elekrisiteit of ionisering nie geken nie, maar insover die begrppe of die uitwerking te speur was, moes dit in beeldtaal uitgedruk word wat hulle spraakvermoeë ontspreek het. As ons ‘n boodskap uit daardie tyd wil begryp, moet ons dus ‘n ander bewussyn ontwikkel om tot die onderliggende begrip deur te dring, tot dìt wat gemeen is. (In ons huidige geselskap het ons in gesprek selfs met bekendes en geliefdes alte dikwels moeite om te weet: Wat meen sy daarby, wat wil hy eintlik hê? Verstaan jy wat ek sê?)
Om slegs twee- of driehonderd jare in die geskiedenis terug te gaan, is moeilik genoeg: Hoe het Goethe of Moliére, Tsaar Pieter die Grote of Willem Adriaan van der Stel gedink en gevoel en gehandel? Om so moeiliker is dit om te bepaal hoe, nog vroeër, Julius Caesar, Herman (Germanicus), Petrus en Paulus of Moses die wêreld beleef het. En hoe is dit wanneer ons nog ‘n paar duisend jare terugreis na die ongenoemde, onbekende voorvare, wat in h
úlle tyd met húlle bewussyn versoek het om ‘n wêreldbeeld in ervaring te bring en voor hulle medemense weer te gee? By die lees van die bybel is ons meer van ons hart se krag as van ons klare intellektuele verstand afhanklik, want die vroeëre mense het in díe mate nie daaroor beskik nie. Natuurlik het hulle kon dink; maar dit was nie en nooit so ‘n oorwegende deel van hulle lewe soos dit waaraan ons moderne mense onderwerp word nie.

In die debat oor die bybelvertalings – in baie tale is daar ‘n veelvoud van vertalings – gaan dit in ‘n groot mate daarom om die leser die geleentheid te gee – as sy eie priester so te sê – om tot iets dieperliggend deur te dring, dit te ontdek, te beleef en in sy binneste te verwerk. Om te begryp, nie noodwendig te verstaan nie!
Interpretasie bly interpretasie, en dis ‘n individuele subjektiewe saak. As ek dit weet, kan ek my vra: Wat wou die oorspronklike skrywer of spreker meedeel? Deur verskillende vertalings te lees, ook in ander tale wat ek verstaan, gee dit my die moontlikheid om my eie indrukke te versamel en tot ‘n eie mening deur te dring, tot ‘n eie insig te kom: Wat wou hy, die skrywer, sê? Die interpreteerder kan my help om klaarheid vir myself te bekom, en ek is hom daarvoor dankbaar. Maar ten slotte is dit
ek wat die betekenis van die boodskap soek en ék wat dit moet ontrafel. (Dis geensins uitgesluit, dat ek die bybel se oorspronklike tale leer en self ontsyfer nie!)
Ek
gló nie dat Christus my Heiland is nie; ek wéét dit.
Met di
e wete kan ek voel of aftas, wat die mededelaars van die skrifte wil sê. As ek slegs op die kanselwoord van die dominee, pastoor of priester – of donderend, paaiend, smekend of hoe ook al – berus, gaan ek op die ou end ‘n gelowige van juis daardie dominee, pastoor of priester wees. Hy of sy is eintlik daar om my die rigting aan te dui en is nie die eindpunt van my reis nie. Die „predikant” aan die padrand sê: Daarnatoe moet jy gaan, maar ek bly hier (om ander reisigers die pad aan te dui). So is dit met ‘n bybelvertaling – Jy kan terugkom as jy jou weg verpas het, en ek wys jou nogeens. Maar gáán moet jy self!
En dis dog goed so, meen ek.

©4e.Julie2017…………..ooOoo………….(2005,2011)tje

 

 

 

 

 

 




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      Julie 4, 2017

      ‘n Insiggewende stuk! Wyse waar woorde!
      Veral:
      Maar ten slotte is dit ek wat die betekenis van die boodskap soek en ék wat dit moet ontrafel. (Dis geensins uitgesluit, dat ek die bybel se oorspronklike tale leer en self ontsyfer nie!)
      Ek gló nie dat Christus my Heiland is nie; ek wéét dit.

    2. profiel foto van neels

      neels

      Julie 5, 2017

      Ek wonder baioe daie of die hervertaling van die Afrikaanse Bybel nie maar net gebeur om by die mens se nuwe denke aan te pas nie

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 84 gaste aanlyn