Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: BYDRAES na tema gesorteer — MEI 2017

Deur Toom
Datum gepubliseer: 16 Mei 2017 Aantal woorde: 819 484 Kere gelees 7

 MEI 2017     BYDRAES na tema gesorteer

Van die kategorië wat ek wil gebruik, staan sommiges al: Daar het reeds ‘n paar nuwes daartoe gekom.

TAALSPELETJIES EN TAALOPSTELLE

TAALSPELE

soos my AGTERSTEVOORSTAALTJIES  Kolskoot, Skepdrie en Skilderprys. . . en dan spele met die MOONTLIKHEIDSVORME (Moontlik is Alles). . .

asook SIRKELVORMIGWEDERKERENDVERHALE . . . en andere. Dan nog my beroemde (beroemde? Hnnh!)

TAALTIRADES

KATEGORIE — Oor die WOORD                    as artikel of rubriek

KATEGORIE — Oor die TAAL                                     “

KATEGORIE — Eienaardiges, snaakse verskynsels    ”            altesaam so twaalf stuk

[byvoorbeeld @, swemster, . . . usw.]

KATEGORIE — nogiets en nogiets en nogiets . . . (Dit kom nog)

 ?   (Hou hierdie spasie dop)

BOEK EN FILM:-

Die gedagte het opgekom terwyl ek fimresensies geskryf het waarby ek ook die boek gelees het. So ontstaan toe naby mekaar die resensies

Tussen Hemel en hier, Die Medikus, Die Muur

en die rubriek Boek en Film.

Daartoe tel ek, by voorbeeld die resensies Ek en Kaminski, Dan die Reën (eerder ‘n halwe uiteensetting oor die ,making of‘ van ‘n film),

beslis kom ander titels in die verloop van tyd daartoe, maar hulle sal na verskyningsdatum tussen al die ander verskynsels gestrooid wees.

KINDERSIELKUNDE EN SPROKIES:-

Toe ek die resensie Finn en die Toorkrag van die Musiek skryf, kom by my ander sprokies

voor oë, byvoorbeeld Peertert met Laventel, Bach in Brasil, Brooklyn, Tussen Hemel en Hier,  Kruisweg, Precious, In ‘n beter Wêreld, Bal, Heuning, Wadjda, Die Seun met die Fiets  —  almal resensies. Altwee soorte sprokie: diegene mét ‘n goeie uitgang en diegene daarsonder. Beslis kom ander stukke met soortgelyke temas, dan voeg ek hulle in hierdie rubriek in.

(Lang Moen, verhaal, TIER en KAT, kinderverhaaltjie neig ook in die rigting.)

Daaraan sluit ek die rubriek Feërie, Snert?

Daarby ontstaan ‘n nuwe kategorie:

YSLAND

Aansluitend aan die geskiedkundige verhaal Feërie, Snert?,

die resensies die Diepte en Mense en Perde (wat op ‘n manier toon hoe na aan die fëewêreld ons leef en woon!)

VERHALE UIT ALLER WÊRELD:-

Toevallig gaan kyk ek ‘n ou fliek wat ek reeds gesien het . . , en dit laat my

dink aan . . , en dit herinner my aan . . . Drie films uit of oor Israel/Palestina

kom toe naby mekaar uit: My Hart dans, 45 Minute na Ramallah, Hanna

se Reis, waarby nie slegs loofliedere oor die heilige land gesing word nie.

En ook nie net geskel word nie, let wel! Uitgebalanseer, sou ek sê. Daartoe

 kan Die Medikus ook getel word.

Aldus:

NA-OOS-VERHALE

Ook VERHALE uit die VERRE-OOSTE

soos Shonagon, Asielsoekende Toeris (gorreltjie), Lang-Moen en Die Keiser se Hoender. Dan nog KAT en TIER, kinderverhaaltjie.

Hierop volg, GROOT VROUENS uit die GESKIEDENIS

met die kort-kortverhaal Shonagon,

die resensies Hannah Arndt, Paula Modersen-Becker, Juffrou Stinnes(Clärenore) wat om die wêreld gery het . . .  

Uit EUROPA (Duitsland) EN DIE WÊRELD

kom byvoorbeeld die verhale

oor Veilthin, duitse Plaasname, die Jagverpagter, Stad van die Kinders / Voëls, Moabit, die Sakkeroller, Jan Hellebard, die komeet NOSI en andere wat nog gaan kom.

Maar ook rubrieke soos

Jankovich se gebedskrag, . . .

Asook resensies soos

Toe ek onsigbaar was, wat ook iets bonatuurliks het.

Die meeste titels is om die einde van Januarie of begin Februarie 2017. En die meeste resensies stam uit Europa. (Navolgende toevoegings kom later by verskyningsdatum.)

AFRIKA en (veral) SUID-AFRIKA:-

Daarna volg ‘n reeksie uit (Suid-)Afrika. My eerste skryfsels het die oorskrif gehad: „Toeris in my eie Land” — totdat iemand my daarop gewys het dat iemand anders alreeds die titel gebruik het. In elk geval, Jankovich se gebedskrag, sluit volgendes aan:

die resensie, Toe ek Onsigbaar was (bo-natuurlike tema uit RSA),

verhaaltjies die T-sjûûtman se Dogter, Hoe om ‘n nuwe Vriend te kry, Êrens in Namakwaland, die Klap deur die Gesig,

die resensie oor die Gatvolfilm.

Toe kom ook nog een van my eie gunstelinge,

die verhaal Na die Moord. . . Die eerste titels verskyn reeds Februarie, Maart 2017, andere kom nog.

 En nou kom skielik ‘n nuwe kategorie, so te sê brandaktueel, ook Maart 2017:

VLUGTELINGE — EUROPESE POLITIEK:-

Eerstmaal drie resensies: Mediterranea, Le Havre en Welcome to Norway. Die film(-resensie) Dan die reën gee ‘n interessante blik op die lewensomstandighede van arm mense in die derde wêreld, wat miskien ook sou wou vlug het . . .

Dan ook nog die artikel Bevolking as Organisme, (waarby ek nog altyd nie die diagramme voltallig geplaas het nie. Maar dit kom, dit kom!)

Geen twyfel nie: Daar kom beslis ‘n kategorie vir

(WÊRELD-)POLITIEK

? (Hou hierdie spasie dop.)

ANDER GROEPERINGS MAG ONSTAAN :–

Dan neem ons die hurde soos dit kom . . .

Origens dit is beslis nie net resensies wat nagedruk word nie. Dit mag wees dat ‘n titel in verskeie indelings val. . . Dan vermerk ek dit maar tweekeer – geen probleem nie.

Hopelik gaan dit goed totdat ek weer sap in my pype mag beleef. Lente kom tog, of hoe?

Groetnis phanToom

(Tussenbemerking: Oei, oei, oei! Aai, Nonna, hy willie ophou nie, dierie winter!!! Se ding.)

ëëëëëëëÏïïïï„„„„„

17e.Januarie2017………..☼☼☼Ö☼☼☼……………………………..tje




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      Februarie 14, 2017

      Ja, die winter moet mens maar deursien, of jy wil of nie. Gelukkig is dit darem baie meer draagbaar in Suid Afrika 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 142
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 19 gaste aanlyn