Jongste aktiwiteit:

Verlies

Eens sou sy onder bome sit,
Akkerbome –
op ‘n Boland plaas.
Sy sou luister hoe die ganse
(met die kolle)
op die grasdak van ‘n opstal
sit en raas.
En sy sou eet met silwerware
uit ‘n bord van porselein –
witter as die witste wolk
wat oor Simonsberg verdwyn.

© Carma Shaw
18 September 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed