Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verlange

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 3 April 2017 Aantal woorde: 151 116 Kere gelees 1

ek wens ek kan die koue weghou
keer dat die yswind lêplek in my hart kom vind
ek wens ek kan jou weer styf teen my hart vashou
tot die ys smelt in blinkend waterstrome
die wind huil binne my en buite
die son skyn net in my drome
my verlange woed oor die grys van ys
dawer vas teen toe ruite
die wind skeur gate uit ons eens saamwees
ek verlang na die son en die see
waar ons saam gespeel het
na jou my kind…
die yswind sny deur my vlees en gees
waai te snerp om te keer
ek wens dat nou is soos toe en toe soos nou
my hele wese ril
ek is winterwind-seer
die winterwind se greep is ysig-kil
die winterwind gaan lê net waar
net wanneer hy wil
sneeuvlokkies syfer in flentertjies neer

IN MY IS DIT GRAFSTIL
MY HART VERBLEEK TOT YS




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Amaspoke

      Amaspoke

      April 3, 2017

      Ai, ek voel saam met jou, pragtige skrywe.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 50 gaste aanlyn

    Bydrae Totale