Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verlang

Deur Koekekranka
Datum gepubliseer: 18 Mei 2017 Aantal woorde: 89 50 Kere gelees 1

Wanneer mis die bosbegroeide klowe sluier
tot grys-eentonigheid van rookvaalskemerblou
en die veergoed koudnog tussen lower luier,
verraai verlang na wís my sielsverlang na jou.

En o, die klamkoud-twy’ van wasig-skemering
wat waansin, onsin oor my aardse tentjie pluk,
word aans die dofwees van ‘n skaduskemering
oor al die selfverwyt wat swáár as las my druk.

Maar dan, my liefling, word ‘yeserdays tomorow’
as soete drome van weer saamwees my oorval;
word gisters puur weer beelde van volmaak-onthou;
jou kusse reine liefde wat vloksag oor my val…




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      Mei 18, 2017

      Dis darem ‘n pragtige verlanggedig, so na my hart geskryf. 🙂 Goeie werk, Koekekranka

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Koekekranka

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 83
    Kommentaar telling: 411

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 38 gaste aanlyn