Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vergifnis –

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 28 Februarie 2017 Aantal woorde: 102 197 Kere gelees 4

Vergifnis

Dalk tyd om swere oop te maak
om gisters voor ons uit te pak
maar als is dof
die mense reeds stof

is net die seer wat aanhou bloei
ons bloed wat net soos God sin vloei
U offer goedheid wat die mensdom was
en ons net wrangheid om weer te belas

help net mooi niks om te weet
wat is reg en wat verkeerd
wit…swart, waar’s die streep wat ons moet wys
breed en emosieloos tot niks vergrys

maar as vergifnis by die nageslagte lê
gooi weg die bitterheid sonder om ‘n woord te sê

© – Barbara Smit – 28/02/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 47 gaste aanlyn