Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: vergewe

Deur ANTON
Datum gepubliseer: 9 Desember 2017 Aantal woorde: 77 3 Kere gelees 1

Vergewe
as ek terugdink aan jou
in kleure van blou,
roos se rooi op swart getooi
en die eelt in my hand
in wrywing sy sag terugkry,
my stap sy huppel
in tergende dans vind

ek met volgehoue skree
in onderdrukte toon,
jou voor my gees roep,
soos ‘n kind
met elke tree
in vreugde trippel

bly jy steeds soos ‘n lelie
wat die rein van my hart
sondeloos was
en my die lewe vergewe
@Anton Kilian




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van ANTON

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 48
    Kommentaar telling: 26

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 70 gaste aanlyn

    Bydrae Totale