Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vergete Soldaat

Deur Okatopi
Datum gepubliseer: 2 Junie 2017 Aantal woorde: 87 61 Kere gelees 1

Dan, skielik kom die groot onthou in slaap
na jare van verlos
die bitter reuk en smaak van kruit en bloed en bos
van muwwe tente seil en stof
van vrees vir wag en wag
en skielik breek die dag

Môre skyn die son
en druis en raas verkeer
die groot masjien gaan aan
gister is verby, lankal vergete weer
bloed offers is gebring
vir land en volk en vrou
deur die want snags onthou
en wakker word in sweet en angs

© Copyright to the writer




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Junie 3, 2017

      dit is so bitter waar. Ons helde wat hierdie land in die bosoorlog verdedig het is vandag vergete en skreeu die menigtes agter die nuwe sogenaamde demokrasie aan

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Okatopi

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 44
    Kommentaar telling: 87

    Doodgewone ou wat soms skryf net omdat die lus my beetpak en iets moet uit 🙂 Verward, verweer en soms verlore.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 16 gaste aanlyn