Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: VERGETE SE VERLANGE

Deur Kobie
Datum gepubliseer: 11 September 2017 Aantal woorde: 220 40 Kere gelees 2

het jy geweet ek staan nog by
die plaas se heining en wag
jaar in en jaar uit
vir jou om te onthou
te onthou van katoen pluk
bakstene maak
verlang na die vuur se
vlamme wat lek en skyn
oor jou gesig daardie
prag blou oe met pik swart
hare waar skynsel kom ruk
het aan my hart
die kitaar klanke
wat die stilte van
die bosveld steur
jou arms wat my
ontvou met oe wat
diep in myne kyk
lankal se tyd is
verby maar jy
het in my hart
kom huis
maak sonder dat
jy weet of dalk
ooit sal
chala chala ek
het jou nodig
het my troos van
onthou geword
sal jy ooit weet
kyk na die plaas
heining daar net
daar sal jy my
nog vind jare
het amper
oertyd geword
daar is een wat
weet maar nooit
vir jou sal se
waar is jy
wonder ek
nog dag vir dag
nag vir nag
te lig was ek bevind
groet sonder woorde
jare se wag
om net weer te
kan se oubaas
in die jeug laat
gaan so was dit
beskik elke vlam
van ‘n vuurtjie
het my laat
gaan wag
by die ou plaas
se heining.
net daar op
die rooi grond
Leeufontein
in my hart
gebrand.
jac
2017-09-1
(KOPIE REG VOORBEHOU)




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Kobie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 33
    Kommentaar telling: 12

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 35 gaste aanlyn

    Bydrae Totale