Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei
dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan
en in die verte na niks voor haar staar.
Daar was ‘n storm in hom
waarin sy haar stiltes moes begrawe
toegedraai in ‘n wit wolkombersie
moes dit sink
s-e-s voet diep.
Daarom is haar lag leeg en haar lyf lomp
verder sou sy graag wou wandel
met haar kop onder haar arm
blind vir die klanke digby sy donder.
Maar neofobies hang sy nou aan ‘n krans
soos ‘n neonaat sonder nesvere;
rampsalig gril en ril sy vir haar eie klouter-sere
terwyl sy luister na nog ‘n roepende kans.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.