Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Verby verlange se sig

Deur Palet
Datum gepubliseer: 11 April 2017 Aantal woorde: 88 133 Kere gelees 4

My arms die wind
my voete die blare
tussen my en die windpomp
waai die wolke heen en weer

Teen die bloekomboom se stamstut
sit die eens beminde hart
‘n droom, hoop, en wens
wat stil verdwyn

Jy brand saam die son se rooi
jy haat die lewe se mooi
jy is in die nag se gloei
jy is die hart wat bloei

Ek is die storie se akkoorde
wat wag vir jou hart se woorde
my arms vou sag om jou
my voete sweef weg van nou




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      April 12, 2017

      Baie mooi hierdie een van jou, Palet. Goed gedoen!

    2. profiel foto van Elroux

      Elroux

      April 12, 2017

      Pragtig Palet

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 155
    Kommentaar telling: 286

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 46 gaste aanlyn