Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Vat My Terug

Deur Ila
Datum gepubliseer: 3 Julie 2017 Aantal woorde: 120 15 Kere gelees 1

Vat my terug na die begin
die absolute begin
van ‘n siel -my siel
nog nie eens deur liefde oorwin

Vat my terug na die oorsprong
ongehinderd en sonder rede
en twyfel
in my
veldbrand
wat als verwoes en oorvat
elke saadjie kante toe laat spat

Vat my terug na die dae van die ark en vloed
voor die verlange my oorvloed
vat my terug na veer penne en osse
wat huig na asem
en vryheid oor die vlaktes
waar ek ‘n wit rok en kappie gedra het
en waar ek in die berge myself kon verset
op die son se dood
en die maan se doop
vry kon fladder
kaal en alleen
met die aarde kon versteen.

-I Kriel




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ila

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 22
    Kommentaar telling: 11

    "Kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oudedoos."

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 27 gaste aanlyn